Friday, July 15, 2011

PERSKONFERENSIE

Na aanleiding van die voorblad berig in vandag (15/07/11) se koerant, Beeld rondom ‘n oud-soldaat wat ‘n professor geklap het, nadat diè glo gesê het Afrikaners het baie om te “betaal” aan swartmense omdat hulle aan die Bosoorlog op die Angola/Suidwesgrens deelgeneem het, gaan die Opperraad van die Kommmandokorps (in volle uniform) op Saterdag 16 Julie ‘n perskonferensie hou waar ons die saak van die soldate gaan stel wat in daardie oorlog deelgeneem het.

Die perskonferensie word gehou te Bentley’s Country Lodge op die Brits/Pta.Noord pad (Koördinate: 28 grade 7 min en 43 sekondes oos en 25 grade 40 min en 7 sekondes suid) om 14:00 op Saterdag 16 Julie 2011)

Kol. Jooste

Uitvoerende direkteur

Saturday, September 26, 2009

Aanvaller en polisievrou toon swart rassesolidariteit teen wit slagoffer

Aangepas vanuit Beeld,

Cronjé was enkele minute voor die aanval op 29 Augustus glo in ’n padwoedevoorval met ’n swart motoris betrokke waar hulle handgebare vir mekaar gewys het.

Volgens Cronjé het hy ná dié voorval by die Total-vulstasie in Kiepersolstraat stilgehou.

Die swart man het skynbaar kort daarna ook daar stilgehou. Daar was weer ’n woordewisseling. Die swart man het hom glo geklap en met ’n wielsleutel aangerand.

Cronjé sê hy het homself net probeer beskerm teen die aanval en nie teruggeslaan nie.

Hy het egter gister aan Beeld erken hy het uit frustrasie ’n duik in die ander man se voertuig, ’n VW Golf, geskop.
Volgens hom is hy toe by die vulstasie se winkel in om hulp by ’n swart polisievrou te vra. “Die volgende oomblik het die swart man by die winkel ingestap en my wéér aangerand.

Die swart polisievrou het niks gedoen nie.”

Hy het glo toe self ’n paar houe na die aanvaller geslaan.

Die polisievrou het later glo in die winkel aan Cronjé se aanrander, ene Sifiso, gesê om die aanranding te staak.

Sy het agter die swart man aangeloop en buite die winkel met hom gepraat, waarna sy na die winkel teruggekeer en in 'n blykbare vertoon van rassesolidariteit, met die swart aanvaller, Cronjé in hegtenis geneem het. “Ek is agter in ’n vangwa gelaai en is eers laat die middag op borgtog van R500 vrygelaat.”
Cronjé beweer ook die swart polisie wou hom nie toelaat om ’n klag teen sy aanrander in te dien nie. Die swart aanvaller het intussen ’n klag van aanranding teen Cronjé ingedien.

AfriForum het Cronjé gehelp om ’n klag by die polisie en by die Onafhanklike Klagtedirektoraat (OKD) aanhangig te maak.

“Videomateriaal wat ons van die motorhawe se veiligheidskameras verkry het, wys duidelik hoe Cronjé voor die winkel aangerand word en dat hy nie self teruggeslaan het nie,” sê mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van AfriForum.

Hy sê hierdie soort magsmisbruik deur polisielede is aan die toeneem en kan tot groot siviele eise teen die minister van polisie lei. Kelder het gister die videomateriaal aan ’n ondersoeker van die OKD gewys.

Kapt. Eddie Hall, polisiewoordvoerder, het bevestig die aanklagte word deur hulle ondersoek. Volgens Hall weet die polisie nie in dié stadium hoekom die polisievrou nie tussenbeide getree het nie. ’n Verklaring moet nog as deel van die ondersoek by haar afgeneem word. Cronjé verskyn op 18 November weer in die hof.

Vrou (90), seun met graaf aangeval

’n 90-jarige vrou van Queenswood in Pretoria en haar seun is eergistermiddag in hul huis oorval, met ’n graaf aangerand en van ’n selfoon en motorsleutels beroof.

Mev. Koekie Elliott (90) en haar seun, Norman (67), word in die Netcare Moot-hospitaal behandel.

Mnr. Elliott het omstreeks 13:30 gery om kompos en kos vir hul tuinwerker te gaan koop toe die rowers op sy ma toegeslaan het.

Mev. Elliott het gister gesê haar seun was net weg toe iemand haar van agter gegryp het.

“Ek het gedink dit is ’n grap en toe sien ek die man. Nog een het bygekom. Ek het my probeer teensit, maar toe slaan een my vreeslik hard in die gesig en gooi my op die vloer neer. Die ander het my arms gegryp en hulle het my hande agter my rug met ’n elektriese koord vasgebind. Daarna het hulle my aan my arms gegryp en my tot in my slaapkamer gesleep waar een my probeer wurg het,” het sy vertel.

Volgens mev. Elliott het die rowers haar herhaaldelik geslaan en geskop terwyl hulle vir die kluis se sleutel gevra het.

“Julle maak my seer. Maak my hande los dan soek ek die sleutel vir julle,” het sy aan haar aanvallers geskreeu, maar hulle het haar op die mond geslaan.

“Toe gooi hulle my bed se matras bo-op my. Terwyl hulle in die huis besig was het hulle my kort-kort geskop.”

Sy het aan die tuinwerker wat in daardie stadium buite was, geskreeu, maar haar aanvallers het haar net harder geslaan.

“Terwyl ek op my maag gelê het, het hulle my op my rug geslaan.”

Mnr. Elliott het vertel hoe vreemd hy dit gevind het dat hul elektriese hek oopstaan toe hy tuiskom.

“Ek het die erf ingery en die tuinwerker het die kompos uit die motor gelaai. Toe ek by die kombuis instap het ek geskrik toe ek ’n vreemde man sien.

“Die volgende oomblik het iemand my van agter op die kop (met ’n graaf) geslaan en ek het op die vloer neergeval.” Hy het in die proses sy neus gebreek en sy regteroog en lip beseer. Hulle het ook sy hande agter sy rug vasgebind en ’n mat oor sy kop gegooi.

Toe dit stil word het mnr. Elliott sy hande losgewikkel en sy ma in die kamer gaan help.

Volgens hom het die tuinwerker ná die voorval verdwyn.

“Ek het ’n sterk vermoede die tuinwerker het iets met die aanval te doen. Ons het hom eergister gehuur toe hy daar kom werk soek het.

“Hy was ordentlik aangetrek en het ’n brief van die Metodistekerk gehad,” het mev. Elliott gesê.

Die rowers het nie die kluissleutel gekry nie en het met motorsleutels en ’n selfoon gevlug.

- Beeld

Monday, September 14, 2009

Dit het gevoel soos bleddie ­horror movie’

Virginia Keppler

’n Bejaarde man van Bronkhorstbaai, oos van Pretoria, is die naweek in sy bed langs sy byna blinde vrou in die maag geskiet toe drie gewapende rowers hulle in hul slaapkamer oorval het.

Mnr. Ben Laing (74) het gister in die waakeenheid van die Pretoria-Oos-hospitaal vertel hoe drie rowers hom en sy vrou, Rebecca (75), eergister om 02:20 in hul slaap oorval het.

Hulle was nie eens behoorlik wakker toe die rowers hom geskiet het nie.

“Ek het ’n lawaai in die slaapkamer gehoor en toe ek weer sien, staan daar drie mans in die slaapkamer. Daar was ’n langerige man wat ’n pistool rondgeswaai en geskreeu het ‘ Where is the money ’,” het Laing gesê.

Die volgende oomblik het ’n skoot geklap en toe voel hy iets skerp in sy maag. “Die skoot is by die een kant van my maag in en by my linkersy uit en die koeël het in die matras vasgesteek. My vrou, wat net genoeg kan sien om nie in goed vas te loop nie, het nie geweet wat aangaan nie. Nog ’n skoot het afgegaan.

“Ek het eers gedink hulle het my vrou ook geskiet, maar later besef hulle het teen die dak geskiet. Dit het gevoel of ek in die middel van ’n bleddie ­horror movie was.

“Ek het hom gevra hoekom skiet hy my, maar hy het nie geantwoord nie. Dit was regtig nie nodig dat hy my skiet nie, want ek sou nooit argumenteer met ’n ou wat ’n vuurwapen in die hand hou nie.”

Een van die rowers het daarna vir me. Laing gesê: “Ouvrou, gee jou geld en juwele.”

Me. Amanda Els, Laing se skoondogter, het gesê haar skoonma het haar trouringe van haar vingers afgehaal en dit aan die rowers gegee.

Volgens Els het die rowers by drie vensters probeer inbreek, maar hulle kon nie die diefwering breek nie. Hulle het daarna die voordeur met ’n skroewedraaier oopgedwing.

“Hulle het eers ’n televisie en skootrekenaar uitgedra voordat hulle terug in die huis is om my skoonpa te skiet.

“Ons is nie rassiste nie. My skoonma kan nege swart tale praat en my skoonpa het sy hele lewe met die opvoeding van kinders in die townships in Venda gehelp.

“Hulle is goeie mense,” het ’n hartseer Els gesê.

Laing het gesê hy en sy vrou woon die afgelope twee weke in ’n woonstel op hul seun se erf.

“Baie van ons goed is nog nie uitgepak nie en die televisie was ook nog in sy kartonhouer.

“My pistool was gelukkig goed weggebêre.”

Sers. Marinda Stoltz, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê die polisie ondersoek dit.

Bron: http://www.beeld.com/Content/Suid-Afrika/Nuus/1928/f1c1fcfa73f5480693f3a5e8d50e556c/13-09-2009-09-36/%E2%80%98Dit_het_gevoel_soos_bleddie_%C2%ADhorror_movie%E2%80%99_

Friday, September 11, 2009

Swartes vermoor Afrikaner met mes en graaf

'Hulle het hom regtig verniel’

Hilda Fourie

’n Pretorianer se enigste kind het op sy lyk afgekom nadat hy vermoedelik met ’n graaf oor die kop geslaan en met ’n mes gesteek is.

“Hulle het hom regtig verniel,” het mev. Anya Swart gister oor haar pa, mnr. Sarel Koekemoer (69), gesê nadat sy hom Dinsdagaand in die badkamer van sy huis in Bultfontein, noord van Pretoria, gekry het.

Drie mans, waarvan een af en toe vir Koekemoer gewerk het, is binne 24 uur ná die moord vasgetrek. Koekemoer se selfoon, vuurwapen en kontant is in hul besit gevind.

Swart (43) het Dinsdagaand begin bekommerd raak toe haar pa nie oudergewoonte by hulle in Onderstepoort kom eet het nie.

Hy het ook nie sy telefoon geantwoord nie.

Sy het na sy kleinhoewe gery. By die kleinhoewe moes sy deur die draad klim omdat die hek gesluit en alles donker was.

Die huis se kombuisdeur en veiligheidshek was toe, maar nie gesluit nie. Swart het haar pa in die badkamer gesien lê.

“Ek het aan hom gevat en gevoel hy is klaar yskoud,” het sy vertel. “Ek het uitgegaan en my man (mnr. Jan Swart), wat by ’n gemeenskapspolisiëringsforum (GPF)-vergadering was, gebel.

“Toe ek teruggaan (in die huis), het ek die lig aangesit. Hy het in ’n verskriklike plas bloed gelê.”

Mnr. Swart het polisielede, wat by die vergadering was, gevra om die Hammanskraal-polisiekantoor te kontak. Die polisie was binne minute op die toneel.

Volgens Swart word vermoed Koekemoer is in die tuin oorval en met ’n graaf geslaan. Die aanvallers het hom toe in die huis geneem waarna hy minstens twee keer met ’n mes gesteek is.

“Die wreedaardigheid van mense is ongelooflik. Dis hartelose mense dié,” het Swart gesê.

“Ek dink heeltyd aan wat hy (Koekemoer) moes deurmaak tot waar hy in ’n plas bloed geëindig het.”

Me. Tarien Cooks van die Hammanskraal-GPF het gesê die brandweer en lede van die gemeenskap het Dinsdagmiddag male sonder tal verby Koekemoer se huis gery omdat hulle besig was om ’n brand daar naby te blus.

“Ondanks soveel beweging het die misdadigers hom steeds vermoor,” het Cooks gesê.

Mnr. Swart het gesê die polisie se vinnige optrede om die verdagtes vas te trek, “gee ’n mens ’n bietjie gemoedsrus”.

Die polisie kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Koekemoer laat ook twee kleinkinders, Cornélle (13) en Esmiralda (18), agter.


- Beeld

Thursday, September 10, 2009

Boer kry borg na voorval op plaas met 4

Linda de Beer

’n Boer van die De Wildt-omgewing het gister in die landdroshof op Brits verskyn op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en die rig van ’n vuurwapen.

Die aanklagte kom ná ’n voorval eergister op sy plaas waarby minstens twee Zimbabwiese burgers betrokke was.

Mnr. Gerhard Short (42) het borgtog van R3?000 gekry. Hy is eergisternag in die Mmakau-polisieselle aangehou.
Short het eergisteroggend glo vier onbekende mans op ’n serwituutpad op sy grond gekonfronteer. Hy én die mans is in die proses glo deur een van sy honde gebyt. Hy het glo ook waarskuwingskote geskiet toe een van die mans opgespring en weggehardloop het, het kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, gesê.

’n Plaaslike veiligheidsmaatskappy het die ander drie mans glo opgelaai en na die polisie geneem nadat niemand glo die telefoon by die polisiekantoor geantwoord het nie.

Volgens Myburgh het Short ’n klag van intimidasie teen die mans ingedien omdat hulle hom glo met die dood gedreig het. Hulle het op hul beurt klagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, die aanhitsing van ’n gevaarlike hond en die rig van ’n vuurwapen teen hom ingedien.

Beeld het verneem “meer as 20 polisielede” het in sowat sewe voertuie by Short se huis opgedaag om hom te arresteer.

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van die burgerregte-inisiatief AfriForum, het gesê hy gaan ’n klag by die Onafhanklike Klagtedirektoraat indien oor die omstandighede waarin Short later aangehou is.

Short het glo geen mediese behandeling ontvang weens ’n bytplek aan sy een kuit nie. Dít terwyl die drie mans glo in ’n hospitaal behandel is weens bytplekke.

Volgens Kelder het Short net twee komberse gekry om mee te slaap, terwyl sy selmaats na bewering elkeen ’n matras ook gekry het. Die polisie het glo nie een keer in die nag selbesoek gedoen nie.

Chris Louw, bekende vryskutjoernalis wat in die Silkaatsnek-omgewing naby De Wildt woon, het gesê grondeienaars het breekpunt bereik oor die “ongekende misdaad” die afgelope drie maande. Daar is sedert 27 Julie al vyf keer by hom ingebreek. Een van sy honde is eergister vergiftig.

Mnr. Kobus Oosthuyzen, voorsitter van die De Wildt Helpmekaar Maatskappy, ’n nie-winsgewende organisasie wat gestig is om misdaad te help bekamp, het gesê daar was die laaste tyd helder oordag sewe plaasaanvalle

Sunday, September 6, 2009

Weerbare gesin verjaag swart aanvallers

Seun en pa dons rowers op

Amanda Roesthoff

’n Pa (38) van Krugersdorp en sy seun (11) het die dood vrygespring deur verbete teen twee rowers te baklei wat hulle wou doodmaak.

’n Rower het ’n wapen twee keer teen mnr. David Jacobs se bors gedruk en die sneller getrek, maar albei kere het die skoot nie afgegaan nie.

Dis net genade, het Jacobs, ’n projekbestuurder in die boubedryf van Noordheuwel aan die Wes-Rand, gesê.

“Die ou weermag-ding het ingeskop, jong?.?.?.?As jy ’n skoot hoor, dan weet jy jy’s nog lewendig. As jy hom nié meer hoor nie, dan’s daar probleme.”

Jacobs het gesê hy en sy vrou, Nellie (32), was omstreeks 01:00 eergisteroggend in hul slaapkamer toe hul dogter, Denise (9), hulle kort voor die aanval wakker gemaak het omdat sy nie lekker gevoel het nie.

Denise het op ’n bank in die en-suite-sitkamer op die boonste vlak van hul eenheid in die Summerville-meenthuiskompleks in Bloubergstraat gaan lê toe Jacobs badkamer toe is.

Hy het onraad vermoed toe die gesin se twee dobermann-pinschers – Choppy en Cherry – buite in die tuin bly knor het.

Toe hy na Denise stap, het hy skielik ’n donker figuur in die sitkamerhoek gewaar, ’n hout-en-yster-kandelaar beetgekry en toe geskreeu: “Haai, wena (jy)!” voordat hy die man in die gesig gemoker het.

Die ongewapende aanvaller het met die slag die trappe afgegly en na onder geval, terwyl sy gewapende makker na bo gestorm en ’n vuurwapen op Jacobs gerig het.

Jacobs se seun, Divan (11), ’n gr.?4-leerling aan die Laerskool Roodekrans in Roodepoort, het intussen wakker geword en nader gestorm.

“Gelukkig is hy (Divan) nie ’n klein mannetjie nie en het hy sy koeldrankglas wat hy elke aand saam bed toe neem na die rower op die onderste vlak gegooi. Dit het die man teen die kop getref,” het Jacobs vertel.

Die rower het Divan met die vuis in die gesig en maag geslaan om weg te kom.

Op die boonste vlak het die gewapende rower die loop van sy pistool teen Jacobs se bors gehou en die sneller twee keer getrek.

“Toe niks gebeur nie, het ek weggetrek en hom summier die trappe afgeskop. Hy het afgegly en tot onder geval,” het Jacobs gesê.

Jacobs is kandelaar in die hand die trappe af om die rowers te takel terwyl hulle sy seun rondgestamp en met hom gestoei het toe hy hom met die laaste hou misgis en die voorruit by die ingang getref het.

Die rowers het toe deur die badkamervenster gevlug met Jacobs se armhorlosie wat op ’n tafel was.

Bure het die lawaai gehoor, terwyl die hekwag die MSR-veiligheidsmaatskappy en die polisie ontbied het.

“Die polisie en veiligheidswagte was uitstekend. Hulle het die polisiehelikopter in die lug gestuur om die rowers, wat vermoedelik in die veld weggekruip het, te soek.”

Volgens Jacobs is drie mans enkele ure daarna in die veld aangekeer en word hulle deur die polisie ondervra.


- Beeld