Thursday, September 10, 2009

Boer kry borg na voorval op plaas met 4

Linda de Beer

’n Boer van die De Wildt-omgewing het gister in die landdroshof op Brits verskyn op aanklagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en die rig van ’n vuurwapen.

Die aanklagte kom ná ’n voorval eergister op sy plaas waarby minstens twee Zimbabwiese burgers betrokke was.

Mnr. Gerhard Short (42) het borgtog van R3?000 gekry. Hy is eergisternag in die Mmakau-polisieselle aangehou.
Short het eergisteroggend glo vier onbekende mans op ’n serwituutpad op sy grond gekonfronteer. Hy én die mans is in die proses glo deur een van sy honde gebyt. Hy het glo ook waarskuwingskote geskiet toe een van die mans opgespring en weggehardloop het, het kapt. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder, gesê.

’n Plaaslike veiligheidsmaatskappy het die ander drie mans glo opgelaai en na die polisie geneem nadat niemand glo die telefoon by die polisiekantoor geantwoord het nie.

Volgens Myburgh het Short ’n klag van intimidasie teen die mans ingedien omdat hulle hom glo met die dood gedreig het. Hulle het op hul beurt klagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer, die aanhitsing van ’n gevaarlike hond en die rig van ’n vuurwapen teen hom ingedien.

Beeld het verneem “meer as 20 polisielede” het in sowat sewe voertuie by Short se huis opgedaag om hom te arresteer.

Mnr. Nantes Kelder, hoof van gemeenskapsveiligheid van die burgerregte-inisiatief AfriForum, het gesê hy gaan ’n klag by die Onafhanklike Klagtedirektoraat indien oor die omstandighede waarin Short later aangehou is.

Short het glo geen mediese behandeling ontvang weens ’n bytplek aan sy een kuit nie. Dít terwyl die drie mans glo in ’n hospitaal behandel is weens bytplekke.

Volgens Kelder het Short net twee komberse gekry om mee te slaap, terwyl sy selmaats na bewering elkeen ’n matras ook gekry het. Die polisie het glo nie een keer in die nag selbesoek gedoen nie.

Chris Louw, bekende vryskutjoernalis wat in die Silkaatsnek-omgewing naby De Wildt woon, het gesê grondeienaars het breekpunt bereik oor die “ongekende misdaad” die afgelope drie maande. Daar is sedert 27 Julie al vyf keer by hom ingebreek. Een van sy honde is eergister vergiftig.

Mnr. Kobus Oosthuyzen, voorsitter van die De Wildt Helpmekaar Maatskappy, ’n nie-winsgewende organisasie wat gestig is om misdaad te help bekamp, het gesê daar was die laaste tyd helder oordag sewe plaasaanvalle

1 comment:

  1. Die polisie het nie die mannekrag gehad om die foon te beantwoord nie.
    Toe daar n geleenthied kom om n blanke boer in die sel te gooi, is daar eweskielik 20 beamptes en 7 motors beskikbaar.
    Dit raak nou n alerdaagse gstorie dat die polisie nie beskikbaar is waneer die bendes toeslaan nie.Die tyd het nou aangebreek waar die polisie meer gevrees moet word as die booswigte self.

    ReplyDelete